Appel Van My Oog - Steve Hofmeyr
Lê die appel van my oog
Lê die prentjies in my drome ook
As die wêreld jou laat huiwer en die duiwels jou laat tweivel
Weet dat iemand staan hier agter jou en glo
Word die paaie voor jou dor
Volg die bordjies met my naam daar op
En dan kom die donker dae oor jou paaie en die vrae
Laat jou wonder hoekom ons dan hier moet wees
Ons is hier vir mekaar en is goed genoeg vir my
Ons is hier vir mekaar en dis net waar ons moet bly
Ons is hier vir mekaar
Met die kolle teen my maan
Lê die rede hoekom ek bestaan
En al klink dit soos 'n storie
Wat die mense nie wil hoor nie
Weet hier is iemand wat jou woorde sal verstaan
Lê die appel van my oog
Lê die teiken in my peil en boog
Lê die jas wat ek moet aantrek
As ek tasse pak en wegtrek
En die taxi wat hier buite vir my wag
Ons is hier vir mekaar en is goed genoeg vir my
Ons is hier vir mekaar en dis net waar ons moet bly
Ons is hier vir mekaar
Ons is hier vir mekaar en is goed genoeg vir my
Ja ons is hier vir mekaar
En dis net waar ons moet bly
Ons is hier vir mekaar